Skip to content. Skip to navigation

PLAAS

You are here: Home Research Areas Land Rights & Land Reform News Clippings 2009 10 17 Grondonteiening ‘is nie kostedoeltreffend’

2009 10 17 Grondonteiening ‘is nie kostedoeltreffend’

by Obiozo Ukpabi last modified 2009-11-23 11:16

By Philda Essop

Kaapstad
 
Onteiening is nie ’n kostedoeltreffende opsie vir grondhervorming nie, het mnr. Thozi Gwanya, direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gister gesê.
 
Hy en ’n afvaardiging van dié nuwe departement het ’n voorlegging oor die departement se vordering in die eerste kwartaal aan die parlementêre komitee oor begrotings voorgelê.
 
Lede van die komitee wou weet waar die Wetsontwerp op Onteiening tans staan.
 
Gwanya het gesê onteiening is ’n doeltreffende instrument om die grond by die mense te kry, maar dit is nie noodwendig ’n goedkoper opsie nie.
 
Hy het later aan Die Burger verduidelik dat ingevolge die huidige wetgewing rondom onteiening die waarde van die grond in ag geneem moet word.
 
“Dit wet sê nie dat die departement minder geld vir die grond sal betaal nie.”
 
Ander aspekte wat in ag geneem word, is ’n tipe skadevergoeding wat betaal moet word omdat die grond­eie­naar van sy grond moet afstand doen.
 
“Die departement moet ook die grondeienaar betaal vir verlies aan inkomste weens die onteiening van sy grond.
 
“Dit is benewens die koste van die grond.
 
“Die departement moet dus ook betaal vir verliese wat met die ont­eie­ning van die grond verbind word. Die formule in die wetgewing is baie gekompliseerd, want hoe bepaal jy verliese?
 
“Die idee van die nuwe wetsontwerp is om die proses eenvoudiger te maak – om te sê waarvoor die departement sal opdok as grond onteien word en waarvoor ons nié gaan betaal nie,” het Gwanya gesê.
 
Die ministers van landelike ontwikkeling en grondhervorming en die minister van openbare werke het volgens hom ’n komitee aangestel om die Wetsontwerp op Onteiening te herskryf.
 
 
- Die Burger

Read the original article here.
Social Media
twitter follow FB like
Land Clips

Debate
The PLAAS Blog:
Another countryside

blog image original.jpg
www.anothercountryside.wordpress.com
New Publications
Dynamics of social differentiation after land reform among former labour tenants in Besters, KwaZulu-Natal
This presentation, made at the 'New Researchers Workshop on Land and Agrarian Studies' on 27-28 October 2011 show how violence is woven into strategies of both survival and accumulation, as well as the many stories told about people in the area.
Money and sociality in South Africa's informal economy: Africa 82 (1) 2012: 131–49
This article examines the social dimensions of money in South Africa’s informal economy by considering the interplay of agency, culture and context.
Poverty and fisheries: Anything to learn from the Norwegian experience?
Norwegian development assistance has always been poverty oriented on paper, but with a weak understanding of strategies, entry points, interventions and the measuring of results. Norwegian input into fishing systems in developing countries have tended to use the same models applied in Norway.
See the entire folder …